secure-payments.png

The Educational Box Company 

Address: 12 Andre Avenue; President Ridge; Randburg; 2194

© 2019 All rights reserved

Payment Methods.jpg

Wie is ons?

Visie & Missie

Die Educational Box Company se visie & missie is om ouers regoor die land op te rig en die geleentheid te gee om in ons besige lewe met soveel druk en verwagtinge, moeiteloos gehaltetyd saam met hulle kinders te kan deur bring en terselfdertyd by te dra tot hulle ontwikkeling.

Melissagesin

Ons Storie

Woelwater het begin as 'n kleuter en sensories ontwikkelingsgroepie in 'n klein dorpie, met vier Mammas en vier peuters en 'n lawwe aanbieder met 'n baie groot hart. 

Nicolene wou 'n geleentheid vir Mammas bied om al die oulike pins toe te pas wat almal op Pinterest teëkom en sommer ook lekker saam te kuier. Kort voor lank het dit baie gegroei tot vier klasse per week van verskillende ouderdomme en Nicolene het elke maand die oplees en pin-werk gedoen om 'n nuwe tema uit te werk vir die kinders en Mammas om te geniet.

Nadat Nicolene en haar gesin verhuis het na die groot Stad, was daar soveel aanvraag vir Woelwater-klassies, dat sy besluit het om die klasse in bokse te verpak en aan Mammas te pos. Die besigheid moes groei en daarvoor is die vaardighede en pro-aktiewe ingesteldheid van Melissa ingeroep. Met ondervinding in bedryfsaspekte asook 'n suksesvolle besigheid wat die verspreiding van opvoedkundige kinderspeelgoed en leefstylprodukte behels, kon Melissa bydra om die besigheid kort voor lank op die been te bring.

Ons produk is ook beskikbaar in Engels, as "WackyBox".

Ons versprei hierdie wonderlike produkte landwyd om Mammas en kinders te ondersteun en saam te leer en te speel.

'n Boks vol ervarings!