secure-payments.png

The Educational Box Company 

Address: 12 Andre Avenue; President Ridge; Randburg; 2194

© 2019 All rights reserved

Payment Methods.jpg

Hoekom 'n Woelwaterboks?

1.

Maak seker jou kind se ontwikkelingsmylpale word behaal

Elke ouderdom het hul eie behoeftes, en elke boks is spesifiek daarvoor uitgewerk.

2.

Ons doen al die voorbereiding vir jou!

16 NUWE prettige opvoedkundige aktiwiteite

voor jou deur afgelewer elke maand!

Ons stuur ALLES wat jy nodig het!

3.

Nie net speelgoed nie, Opvoedkundige Ervarings

Ons stuur nie net speelgoed waarvoor jou kind in elkgeval moeg gaan word nie. Ons maak seker julle kry elke maand NUWE ervarings, waarvan almal OPVOEDKUNDIG is.

Ons gebruik ook al die verpakkingsmateriaal, sodat jou huis nie vol raak nie!

4.

Wat is binne-in die boks

Alle bokse het ten minste 16 aktiwiteite in. Hier is 'n voorbeeld van PRESIES wat binne-in ons Voëls tema boks van 2019 is:

5.

Maak seker die regte vaardighede word ontwikkel

Woelwaterbokse ontwikkel die volgende vaardighede, aangepas per ouderdomsgroep:

Fyn Motoriese Vaardighede:

Gryp, vat, teken, ryg, knip en plak! Hierdie aktiwiteite fokus op jou kind se handjies en vingertjies!

Groot Motoriese Vaardighede:

Rol, sit, kruip, loop, hardloop en spring! Aktiwiteite wat help met jou kind se spierontwikkeling, wat die belangrikste vir  breinontwikkeling is.

Sensoriese Spel:

Aktiwiteite wat jou kind se sintuie wakker maak! Maklike resepte met bestanddele, wat reeds vooraf gemeet is! En hope raad oor hoe om die gemors te beperk!

Kunsvlyt:

Vou, verf, plak en knip! Kunsvoorrade vir kunsprojekte wat sommer vinnig jou kind se gunsteling speelding gaan word!

Emosionele Vaardighede:

Help jou kind om sy emosies te herken, te hanteer en uit te druk. Weet ook wat is aanvaarbaar op jou kind se ouderdom en wat om te verwag van bv. skeidingsangs, uitbarstings ens.

Musiek & Spraak:

Woorde van tradisionele en oorspronklike liedjies en rympies om jou kind se musikale ontwikkeling, ritmerym en spraakontwikkeling aan te moedig.

Sosiale Vaardighede:

Leer jou kind wat sosiaal aanvaarbaar is, vir sy ouderdomsgroep! Weet wat om te verwag en hoe om hom voor te berei vir die volgende ontwikkelingsfase.