• Nicolene Steyn

Winter Binne-speel

Wanneer dit koud of nat buite is, sukkel ek gewoonlik om my klinders binne besig te hou. Dis asof die weer hulle SÓ affekteer dat hulle MEER energie het as op warm somersdae! En met die energie om te baklei!


Hierdie aktiwiteit het my al baie gehelp om daardie ekstra energie bietjie uit te werk, sodat daar weer vrede in my huis is (EN om die TV-skerm-oppasser 'n ruskansie te gee...)


Sagte Speelgoed Hindernisbaan


Benodighede:

  • Jou kind se eie sagte speelgoed, of selfs kussings of handdoeke


Wat jy nodig het om binneshuis te speel! Groot motoriese pret met sagte speelgoed!

Hoe om te speel:

  • Vra jou kind om al sy sagte speelgoed oraloor die huis te pak, in ’n ry, in die gang af en deur die huis.

  • Gebruik die speelgoed as kegels.

  • Nou hardloop julle en trap of spring oor die speelgoed, of spring met 2 bene.

  • Probeer nou rondom die speelgoed hardloop in sig-sag formasie.

  • Gebruik ’n stophorlosie om die tyd te meet en teen homself te kompeteer.



Heerlike Groot Motoriese pret om jou kleuter binneshuis besig te hou die wintervakansie!

Opruim is deel van die speletjie. Gebruik ’n stophorlosie en kyk hoe vinnig hy kan oppak.


Hierdie is een van die Groot Motoriese aktiwiteite wat ons voorstel in ons

Woelwater Aktiwiteitsbokse.

16 Aktiwiteite per maand, insluitende: fyn- en groot motories, sensories en spraak.

Klik hier en gaan bestel sommer nou jou Maandelikse boks, of 'n Eenmalige boks om die vakansie te geniet!


Geniet die vakansie en die gehaltetyd saam met jou kleuter!


Groete


Nicolene

EBC_Logo2020_High res.png
WW_Logo.png
Payment Methods.jpg
secure-payments.png
WB_Logo.png

COPYRIGHT 2020 THE EDUCATIONAL BOX COMPANY

Ons bou fondasies - Jes 58:12 

wwm_logo.png