secure-payments.png

The Educational Box Company 

Address: 12 Andre Avenue; President Ridge; Randburg; 2194

© 2019 All rights reserved

Payment Methods.jpg
  • Nicolene Steyn

Paasnaweek Pret!

Wat is jul planne vir Paasnaweek? Wat van 'n paar prettige Groot spieroefeninge, sodat ons kleinspan daardie suiker van die paaseiers kan uitwerk...


1. Reënbooghardloop


Jy benodig:



  • Maskeerband

  • 2 Groot kussings

  • 'n Prentjie van reenboog en wolkies.

Instruksies:

  • Plak die maskeerband op die vloer in die vorm van ’n reënboog, so 2 m lank. Plaas ’n kussing op elk van die punte. Maak seker alle skerp hoeke en harde oppervlaktes (soos koffietafels) is ver weg.

  • Hardloop nou van die een punt na die ander en val op die kussing! Staan op, en volg die reënboog na die ander punt en val op die kussing.

  • Demonstreer eers vir jou kleuter sodat sy kan sien wat die speletjie behels, dan sal sy heerlik saamspeel.

  • Varieër die speletjie deur te kruip of te huppel of stadig te loop ook.

Mens sal dink om ’n kleuter aan die hardloop te kry is baie maklik want dit behoort mos pret te wees! Moenie glo nie! Maar: As jy baie entoesiasties demonstreer sal jy tog jou kleuter aan die hardloop kry. Veral tydens slegte weer binneshuis.





2. Pot aan die Einde van die Reënboog


Jy benodig:



  • Bordkryt

  • Woelwaterboks of iets wat as pot kan dien

  • Sagte speelgoed en/of paaseiers




Instruksies:

  • Wys jou kleuter eers hoe om binne die lyne van een kant na die ander te loop.

  • Plaas nou jou Woelwaterboks of houer aan die punt van die reënboog, en die stokkies vere en ander speelgoedjies bo-oor en aan die ander kant van die reënboog.

  • Verduidelik dat die stokkies en vere oor die boog tot binne in die boks “gly”.

  • Moedig hom aan om te seil, kruip en stadig te loop sonder om “af te val” en al die goed in die boks te gaan sit.


Hierdie aktiwiteit fokus op jou kind se luistervermoeë sowel as sy om opdragte uit te voer.



Geseënde Paasfees!


Al hierdie aktiwiteite en als om dit mee te doen kom in jou Maandelikse Woelwaterboks. Teken HIER in

321 views