• Nicolene Steyn

As Jy Bly is en Jy Weet dit!


Verniet Vrydag 8

Emosionele en spraak ontwikkelling

Om ons kinders van emosies te leer is baie keer iets waarna ouers opsien. Om te sien en te verstaan hoe jou kind sekere emosies ervaar is soms moeilik vir ons, en ons wens ons kan dit namens hulle handteer. Maar om seker te maak dit hulle eendag goed ontwikkelde en bekwame mense gaan word, kan ons hulle help om emosies op die regte manier te handteer.

Een manier om dit te doen, is deur musiek. Hier is 'n ou bekende liedjie, wat ons vertaal het met 'n paar bewegings. Maak hierdie jul "liedjie van die week". Herhaal dit gereeld, en verwys daarna sas jy met jou mind oor emosies gesels.

Maar die heel belangrikste: DEEL AAN DIE PRET!


As jy bly is

- Op die wysie van “If you happy and you know it clap your hands”

As jy bly is en jy weet dit klap dan saam. (klap klap)

As jy bly is en jy weet dit klap dan saam. (klap klap)

As jy bly is en jy weet dit

en jou hart het sommer vrede

As jy bly is en jy weet dit klap dan saam! (klap klap)

As jy kwaad is en jy weet dit stamp jou voet. (stamp stamp)

As jy kwaad is en jy weet dit stamp jou voet. (stamp stamp)

As jy kwaad is en jy weet dit

en jy frons tog vir 'n rede (maak 'n kwaai frons)

As jy kwaad is en jy weet dit stamp jou voet. (stamp stamp)

As jou hartjie baie seer is vryf jou oog "Boo-hoo."

As jou hartjie baie seer is vryf jou oog "Boo-hoo."

As jou hartjie baie seer is

en die trane loop vir ewig

As jou hartjie baie seer is vryf jou oog "Boo-hoo."

As jy bang is en jy weet dit kruip gou weg! (hou jou hande oor jou kop)

As jy bang is en jy weet dit kruip gou weg! (hou jou hande oor jou kop)

As jy bang is en jy weet dit

en jou hart klop en jy bewe!

As jy bang is en jy weet dit kruip gou weg! (hou jou hande oor jou kop)

As jy laf is en jy weet dit skud jou lyf! (skud skud)

As jy laf is en jy weet dit skud jou lyf! (skud skud)

As jy laf is en jy weet dit

en jy lag net vir geen rede.

As jy laf is en jy weet dit skud jou lyf! (skud skud)

As jy bly is en jy weet dit klap dan saam. (klap klap)

As jy bly is en jy weet dit klap dan saam. (klap klap)

As jy bly is en jy weet dit

en jou hart het sommer vrede

As jy bly is en jy weet dit klap dan saam! (klap klap)


Ek hoop julle put net soveel vreugde uit hierdie liedjie soos ons gesin!

Lekker Woel!

Nicolene


82 views
EBC_Logo2020_High res.png
WW_Logo.png
Payment Methods.jpg
secure-payments.png
WB_Logo.png

COPYRIGHT 2020 THE EDUCATIONAL BOX COMPANY

Ons bou fondasies - Jes 58:12 

wwm_logo.png