• Nicolene Steyn

Groot Motories Binneshuis (geen voorbereiding nodig)


Verniet Vrydag 7

Wanneer ons jaarlikse Desembervakansie in die wiele gery word deur slegte weer - wind aan die Kus of donderstorms in die Noorde - is dit moeilik om ons kleingoed te help om van daardie ekstra opgeboude energie ontslae te raak. Hierdie aktiwiteit sal baie bydra tot jou kleinding se groot motoriese ontwikkeling (lekker sterk been en kernspiere) en terselfdertyd hom sommer lekker moeg maak vir 'n goeie nag se rus!

WENK: As jou kind aan die tou raak met enige deel van sy lyf, moet jy die tou onmiddellik los, sodat jou kind nie seerkry as hy oor dit “trip” nie.

BENODIGHEDE:

  • Lint of 'n stuk tou

  • Groot kussings

INSTRUKSIES:

VARIASIE 1

  • Hou die lint tussen twee mense vas. Laat jou kind onderdeur loop, dan kruip, en uiteindelik seil. Hou dit telkens al hoe laer om 'n nuwe uitdaging te skep.

  • Laat hy vir jou die tou vashou en doen dit self!



VARIASIE 2

  • Sit die kussings op die vloer, weg van enige skerp meubels of goed wat omgestamp kan word.

  • Laat twee mense die lint vir jou peuter vashou (of bind dit aan die een kant aan iets staande vas, en hou jy die ander punt vas).

  • Hou die lint laag genoeg dat jou kind maklik oor die lint tot op die kussings kan kruip, loop of spring. Beweeg die lint telkens hoër om dit ’n uitdaging vir jou kind te maak.



Geniet hierdie groot motoriese aktiwiteite wat ingesluit is by die Woelwaterboks sommer baie!

Lekker Woel!

Nicolene


0 views
ebc.png
WW_Logo.png
Payment Methods.jpg
secure-payments.png
WB_Logo.png

COPYRIGHT 2020 THE EDUCATIONAL BOX COMPANY

Ons bou fondasies - Jes 58:12 

wwm_logo.png