secure-payments.png

The Educational Box Company 

Address: 12 Andre Avenue; President Ridge; Randburg; 2194

© 2019 All rights reserved

Payment Methods.jpg
  • Nicolene Steyn

Oseaan-Sensoriese-Sakkie


Verniet Vrydag 6

Sensoriese sakkies is altyd 'n wenner, vir alle ouderdomme! Ons hier by Woelwater het hulle al baie goed uitprobeer en getoets, en hier is 'n paar wenke vir jou, om te verseker dit WERK:

1. Maak seker die sakkie se plastiek is lekker dik, en dat die kitsrits meganisme goed werk.

2. Plak al 4 sye toe met die kleefband. Die sakkies skeur maklik op die soom.

3. Moenie die sakkie te vol maak nie!

4. Plak die sakkie op 'n plat oppervlak vas, veral vir babas en peuter.

5. VEILIGHEID: Moenie die sakkie met harde speelgoed of voorwerpe slaan nie, dit mag dalk skeur en begin lek. Bly ook altyd naby as jou kind met hierdie sakkie speel.

BENODIGHEDE:

  • Kitsritssakkie (ongeveer 15cm x 20 cm)

  • Knopies

  • Blinkers

  • Klein speelgoedjies wat nie skerp punte het nie.

  • Kleefband

  • Water

  • Blou kleursel x3druppels

  • Kookolie of baba-olie.

INSTRUKSIES:

  • Gooi die knopies, blinkers, en 3 druppels blou voedselkleursel (nie meer nie) in die dik leë kitsritssakkie.

  • Voeg nou ’n halwe koppie olie by asook ’n halwe koppie water.

  • Druk al die lug uit, wees versigtig om nie te mors nie, en rits die sakkie toe.

  • Plak die kleefband rondom al die kante van die sakkie om seker te maak dit lek nie.




OM TE SPEEL:

  • Babas tot 2 jaar: Plak die hoekies op ‘n plat oppervlak vas, soos op die vloer, haar eetstoeltjie of 'n tafel. Laat jou baba op sy magie lê vir makliker magietyd.

  • 2-4 jaar: Plak die sakkie teen 'n vertikale oppervlak vas soos 'n venster, en laat jou kleuter gravitasie ontdek.

  • 4-6 jaar: Teken twee sirkels met 'n viltpen op die sakkie, en laat jou kind haar fyn motoriese vaardighede oefen deur die knopies ens te stoot tot in die sirkels.

  • Gr.R: Gebruik die sakkie vir wiskundige beginsels. Laat jou kind die hoeveelheid knopies in elke sirkel bymekaartel om die konsep van optel te begin verstaan.


Alles wat jy nodig het vir hierdie aktiwiteit is beskikbaar in die Woelwaterboks. Al wat jy hoef te doen is water byvoeg en speel!

Lekker Woel!

Nicolene


72 views