• Nicolene Steyn

Maak Waterspel Interessant!


Verniet Vrydag 5

Om vloeistof oor te gooi van een houer na 'n ander is 'n belangrike vaardigheid wat jou kind moet leer. Maar 'n gewone bak water is darem so oninteressant! Hier is twee idees om die goeie ou waterbak 'n bietjie op te kikker.

VEILIGHEID: Alle wateraktiwiteite moet onder toesig gedoen word.

WENK: As jy in ’n waterbeperkingsarea bly, kan jou kind nog steeds waterspel geniet. Gebruik net een of twee koppies water en ’n kleiner bakkie.

Benodighede:

  • Skêr

  • Foelie

  • Kleeflint

  • Sponsie

  • Plastiek vissies (of jou eie speelgoed)

  • Sensoriese bak

  • Blou kleursel x5 druppels

  • (Variasie: Nog ander kleure voedselkleursel)

Instruksies:

  • Sit die stuk foelie in jou sensoriese bak.

  • Plak die hoekies vas met klein stukkies kleeflint.

  • Maak die bak versigtig half vol water en drup so 5 druppels blou kleursel daarin (nie te veel kleursel nie.)

  • Sit die vissies en sponsies in die bak en laat dit êrens staan (onder toesig) sodat jou kind dit self kan ontdek.


Om te speel:

  • Laat jou kind die vissies, sponsie en foelie self ontdek en ervaar.

  • Wys haar hoe om die water uit die sponsie te druk.

  • Vee jou kind se arms, bene en gesiggie met die spons af sodat sy die tekstuur kan ervaar.



VARIASIE: Gooi water in een of twee ander houers, en drup 'n paar ander kleure in elke houer. Laat jou kleuter die water bymekaar gooi om die kleurverandering te beleef, en bespreek dit met haar.

Als wat jy benodig is in die Desember 2018 Woelwalterboks beskikbaar. Voorraad is beperk.

Julle moet BAIE lekker speel!

Groete

Nicolene


0 views
ebc.png
WW_Logo.png
Payment Methods.jpg
secure-payments.png
WB_Logo.png

COPYRIGHT 2020 THE EDUCATIONAL BOX COMPANY

Ons bou fondasies - Jes 58:12 

wwm_logo.png