secure-payments.png

The Educational Box Company 

Address: 12 Andre Avenue; President Ridge; Randburg; 2194

© 2019 All rights reserved

Payment Methods.jpg
  • Nicolene Steyn

Groot motoriese mylpale


Verniet Vrydag 4

Alle ouers wonder altyd of hul kinders die nodige mylpale op die regte tye gaan bereik. Ons almal wil hê ons kinders moet goed doen, suksesvolle lewens lei, maar meer nog: ons wil hê hulle moet gelukkig wees. DIS die werklike rede vir al ons moeite, harde werk, geduld (soms nie) en waarom ons die meeste van die tyd angstig en skuldig voel oor ons kinders.

Volgorde van mylpale:

  • Soog;

  • Rol (beide kante);

  • Sit sonder hulp;

  • Kruip met al 4 ledemate op die grond;

  • Loop met hulp (cruising);

  • Staan sonder hulp;

  • Loop sonder hulp.

Volgens die Wêreld Gesondheidsorganisasie, kan babas enige tyd tussen 9 maande en 17 maande begin loop. Dit gee ons as ouers darem die kans om 'n bietjie te ontspan! Wanneer jou kleinding gereed is daarvoor, sal sy dit wel kan doen!

Hier is 'n paar maniere hoe jy jou baba en peuter kan aanmoedig om te begin beweeg:


Lêende Baba:

  • Laat jou baba op haar magie, op ’n ferm oppervlakte lê Die beste is plat op die grond. Hou jou hande of iets agter haar voete, sodat sy daarteen kan skop om vorentoe te beweeg.

  • Teen 5 maande sal sy nog net die gevoel begin kry, en teen 6 maande behoort sy al ferm te kan skop en beweeg. Jou baba hoef eers rondom 9-12 maande te kruip.

Bewegende Baba:


  • Sit jou Woelwaterboks op die vloer, en maak dit swaarder deur swaar items daarin te plaas.

  • Staan self hande viervoet en wys vir jou baba hoe om die boks vorentoe te stoot.

  • Hou jou baba aan haar hande vas en moedig haar aan om self treetjies vorentoe te gee, deur haar voete liggies vorentoe te stoot met joune.

  • Kruip dan nader en herhaal. As sy reeds “cruise” en teen meubels kan opstaan, doen gerus die volgende aktiwiteit.

"Cruising" Baba:


  • Plaas ’n groot boks wat ook swaarder gemaak is met iets binne in, voor jou baba, sodat sy dit kan stoot. ’n Koelboks werk ook nogal goed. Jy kan ook ’n meubelstuk gebruik wat nie jou vloer gaan beskadig nie, soos ’n ottoman of ’n swaar stoel wat sy nie gaan omstoot nie.

  • Die idee is dat jou baba inspanning moet gebruik om die boks te beweeg, en sodoende haar bo- en onderlyf spiere te oefen.

Alhoewel mens niks spesifieks uit die Woelwaterboks nodig het vir hierdie aktiwiteit nie, is dit tog iets wat jy met jou kind kan doen. Jy sal definitief jou kind stimuleer om haar mylpaal te bereik. MAAR nog meer belangrik: Julle sal albei PRET en gehaltetyd saam hê, wat julle albei gelukkig sal maak.

Geniet die naweek!

Groete

Nicolene


81 views