secure-payments.png

The Educational Box Company 

Address: 12 Andre Avenue; President Ridge; Randburg; 2194

© 2019 All rights reserved

Payment Methods.jpg
  • Nicolene Steyn

Fyn Motories vir daardie ekstra paar minute


Verniet Vrydag 3

Voel jy ook partykeer - veral hier teen die einde van die dag, of jy net 'n paar minute vrede wil hê sodat jy kan kosmaak, of net 'n WARM koppie koffie kan SIT en drink! Maar kleinding wil net BY jou wees.

Toemaar, alle mammas voel soms so. Dit maak nie van jou 'n slegte ma nie, dit maak van jou 'n NORMALE ma!

Hierdie aktiwiteit se doel is om fyn motoriese vaardighede - spesifiek die fyn greep (pincer grip) te ontwikkel, maar in my ondervinding is dit ook 'n

wonderlike STIL besig-hou aktiwiteit!

Als wat jy nodig het is elke maand binne in jou Woelwaterboks! Ons doen die beplanning VIR jou. Bestel HIER...


Voorbereiding: 5 minute

Speeltyd: 20 minute

Ouderdomme: 6 maande tot 6 jaar

Benodighede:


  • Isoleerband / Maskeerband (sellotape werk nie so goed nie)

  • Skêr

Instruksies:

  • Gebruik stukkies van die isoleerband om strepe parallel met mekaar op jou tafel te plak. Jy kan dit op jou teëls of selfs op ’n venster ook plak.

  • Vir 4-6 jariges, plak die band kruis en dwars, sodat hulle moet uitwerk in watse volgorde dit afgetrek moet word.

Om te Speel:

  • Wys vir jou kind hoe om die puntjie los te kry en dan die hele streep kleefband af te trek. Dis ongelooflike goeie oefening vir haar klein vingertjies.

  • Jy kan die strepe vertikaal onder ’n tafel ook plak, sodat hy dit onderstebo moet afhaal. Dis baie goeie fyn motoriese oefening gekombineerd met groot motoriese vaardighede.





Lekker Woel!

Nicolene


58 views