• Nicolene Steyn

Maklike Sensoriese Ysspel vir alle ouderdomme!


Verniet Vrydag 2

Ys is altyd 'n interessante sensoriese ervaring vir babas, peuters kleuters en kinders. Dit vat 'n bietjie voorbereidingstyd, maar jy kan sommer ook 'n groot sak ys koop en siedaar! Heerlike besighou pret!


NOTA: Die ysblokkies wat die water verkleur soos dit smelt sal jou kleuter baie interesseer, asook die temperatuur.

VEILIGHEID: Moet nooit jou kleuter alleen los by water nie, selfs al is daar net ’n klein bietjie water in die sensoriese bak.


BENODIGHEDE:

  • Jou eie ysbakkie

  • Voedselkleursel

  • Sensoriese bak

  • Klein speelgoedjies, koppies en lepels

INSTRUKSIES:

  • Drup ’n paar druppels voedselkleursel in ’n beker water, en vul die ysbakkie versigtig met die gekleurde water. Jy kan van sy speelgoedjies, diertjies of so,in die ysbakkie sit om saam oornag te vries.

  • Haal die blokkies ys uit die vrieskas en spoel dit vinnig met water af om te begin smelt, sodat dit nie aan klein vingertjies vasys nie.​





HOE OM TE SPEEL - KLEUTER

  • Jy kan water in jou sensoriese bak gooi (net ‘n bietjie) en die ysblokkies langs dit in ’n ander bak neersit. Laat jou kleuter met die ys en water speel op ’n lekker warm dag.

  • Jy kan selfs die ys net in ’n bak sonder water sit, sodat dit self smelt.



HOE OM TE SPEEL - BABA

  • Plaas die ys in 'n sensoriese bak of pan en laat jou baba bo-oor 'n kussing op haar magie lê om die koue te ervaar.

  • Jy kan ook 'n paar blokkies direk bo-op jou baba se eetstoeltjie blad sit, sodat hy dit kan voel.

  • BLY DIE HELE TYD BY JOU BABA EN MAAK SEKER JY VERWYDER YS STUKKIES WAT BAIE KLEIN GESMELT HET.

WENK: As jou kleuter se handjies gekleur is van die voedselkleursel, maak ’n bak vol louwarm water en los ’n bietjie waspoeier daarin op. Was sy handjies daarmee, of laat hy self met koppies en lepels in die seperige water speel, totdat sy handjies mooi skoon is.

Ons September Voël-tema boks het 'n Ysbakkie sowel as 3 verskillende kleure voedselkleursel in gehad, om selfs hierdie aktiwiteit vir jou makliker te maak!

As jy moeg is vir aktiwiteite uitdink maar graag lekker dinge saam met jou baba peuter of kleuter wil doen, gaan bestel sommer NOU jou Maandelikse Woelwaterboks HIER

LEKKER WOEL!

Nicolene

#preschoolactivities #toddler #baby #toddleractivities #activities #sensories #Sensoryactivities #opvoedkundig #SensoryProcessing

ebc.png
WW_Logo.png
Payment Methods.jpg
secure-payments.png
WB_Logo.png

COPYRIGHT 2020 THE EDUCATIONAL BOX COMPANY

Ons bou fondasies - Jes 58:12 

wwm_logo.png