• Nicolene Steyn

Pret met Sintuie


Kinders leer deur hul sintuie, soos dit die manier waarop hulle die wêreld om hulle ervaar. Die 5 eksterne sintuie is dié wat ons die meeste bewus is van:

Aanraking, Reuk, Smaak, Klank en Sig.

As ons, ons kinders vanaf 'n jong ouderdom meer bewus maak van hierdie sintuie, sal hulle nie net hoor nie, maar luister. Hulle sal nie net kyk nie, maar sien. Dit sal hulle later 'n geweldige voordeel gee as hulle dieselfde sintuie moet gebruik om op skool te leer.

Hier is 'n paar PRET maniere om hul gevoel van sig en gehoor op te wakker, sodat ons kinders kan speel en leer op dieselfde tyd!

Ek het nog altyd geglo dat as iets PRET is, onthou mens dit beter!

Dink net aan een van jou verjaarsdagpartytjies as 'n kind.........

Jy kan soveel van daardie dag onthou! Maar kan jy die volgende dag onthou?

Waarskynlik nie, want dit was net 'n normale dag.

As ons tyd saam met ons kinders spandeer terwyl hulle PRET het, sal hulle nie net die ervaring onthou nie, maar hulle sal eintlik onthou wat hulle geleer het! Maar dit hoef nie vir ons ouers baie werk te wees nie. Die internet het reeds te veel "perfekte" ouers.

Ons maak net ons Woelwaterboks oop, besluit oor 'n aktiwiteit en begin pret hê ... Die leer kom natuurlik vanself!

Rooskleurige Verkyker

Jy Benodig:

  • Toiletpapierrolletjie (Alreeds gesny in jou boks vir geen vermorsing nie!)

  • Maskeerband

  • Sellofaan

Alles wat jy benodig is in jou Woelwaterboks!



Trek die sellofaan oor die een kant van die rol, en kyk na die ander kant. Gebruik dit om na die wêreld te kyk in 'n ander "lig"! Maak een vir elkeen van julle en inspekteer die wêreld rondom jou. Speel 'I Spy' met 'n kleurvolle draai!


As jy jou eie Woelwaterboks wil hê met alles wat jy benodig vir 'n maand se opvoedkundige aktiwiteite, sodat jy net kan oopmaak en speel, gaan bestel sommer nou by www.woelwater.com of in Engels by www.wackybox.co.za

Geniet dit en lekker WOEL!

Geniet dit! Nicolene


0 views
ebc.png
WW_Logo.png
Payment Methods.jpg
secure-payments.png
WB_Logo.png

COPYRIGHT 2020 THE EDUCATIONAL BOX COMPANY

Ons bou fondasies - Jes 58:12 

wwm_logo.png