• Nicolene Steyn

Herhaling is die moeder van vaardigheid - Anthony Robbins


Wanneer is jou baba/kleuter/kind gereed vir ’n spesifieke aktiwiteit… Wanneer dit vir hulle maklik is? Wanneer dit vinnig gedoen word? Wanneer dit nie moeite verg van jou of hulle nie?

Jou baba ervaar ALLES vir die heel eerste keer in hul lewe. Sy het nog NOOIT haar hand deur ’n gat gesteek nie. Sy weet nog nie eers wat ’n gat IS nie. Die konsep van “deur” is baie abstrak, en dit is onmoontlik vir haar om te weet wat dit is, sonder dat jy dit pertinent vir haar wys. Dieselfde met swaartekrag, en met tekstuur, en beweging, en…

Soortgelyk is ’n peuter dag vir dag besig om die vaardighede wat sy as baba geleer het, te ontwikkel, op te skerp en te vestig. Daarom moet aktiwiteite gereeld herhaal word. Dit skep ook ’n gevoel van sekuriteit by jou peuter, sowel as selfvertroue en ’n gevoel van vervulling (accomplishment).

“My baba reageer nie op die aktiwiteite nie.”

“My kleuter kan nie die aktiwiteit reg doen nie.”

Een van die grootste vrese wat ’n ouer het, is dat hulle kind gaan “agter raak”. Die “kompetisie-monster” in elkeen van ons is groot, en ons nie kan help om ons kinders met ander te vergelyk nie. Die konsep van individualisme en persoonlike ontwikkeling word heeltemal saam met die badwater uitgegooi! Noem dit sommer FOMO (fear of missing out)

Volgens Dr Melodie De Jager, stigter van BabyGym, is vroeër nie beter nie. Sy en Cozette Loubser skryf die volgende:

“Because milestones are indicators of brain development, the sequence of the milestones and the amount of time a baby spends repeating the same movements over and over during each milestone are so important. Crawling for three days is not enough to form the connections. Research has proved that it takes thousands of repetitions to form a strong connection – some say 50 000 repetitions; some say 10 000 hours. Either way, it takes time to wire and develop a healthy, happy and clever brain.”

“Will putting baby on the floor once ensure an intelligent baby? No. The pathways from the senses to the brain and from the brain to the muscles need a lot of repetition to become myelinated or permanent. It is repeating the same things over and over that stores them in memory.”

Gaan lees die hele artikel hier.

Dus, wanneer jy na een van die Woelwater aktiwiteite kyk, en jy dink jou baba of peuter sal dit nooit kan doen nie - onthou dat ons daardie spesifieke aktiwiteit vir jou stuur, sodat jou kind die konsep of vaardigheid daaragter kan BEGIN leer!

Met herhaling sal sy dit kan begin bemeester. Dit is ons verantwoordelikheid as ouers om seker te maak dat ons kinders nie net grootword nie, maar ook ontwikkel, en The Educational Box Company help jou stap vir stap daarmee.

Kyk byvoorbeeld hier:

1.Joha se mamma berei die aktiwiteit voor...


2. Joha se mamma help haar om dit te ervaar


3. Uiteindelik sien sy dit raak!


4. Sy begin speel …


5. Maar sy hou nie baie daarvan nie!!


6. Toemaar Joha, ons probeer weer môre!


So - probeer die aktiwiteit weer môre, en oormôre, en die dag daarna. Binnekort gaan sy die konsep verstaan, en saam speel.

Gaan bestel jou boks sommer nou! Klik hier

Woelwater groete en groot drukkies,

Nicolene


0 views
ebc.png
WW_Logo.png
Payment Methods.jpg
secure-payments.png
WB_Logo.png

COPYRIGHT 2020 THE EDUCATIONAL BOX COMPANY

Ons bou fondasies - Jes 58:12 

wwm_logo.png