secure-payments.png

The Educational Box Company 

Address: 12 Andre Avenue; President Ridge; Randburg; 2194

© 2019 All rights reserved

Payment Methods.jpg
  • Nicolene Steyn

Wag en kyk...


Ek het onlangs tyd spandeer saam met 'n paar mammas en hul eerste babas, en ek het iets opgemerk - beide van myself as nuwe mamma, en van hulle -

Ons onderskat ons eersgeborenes!

Ek onthou hoe ek destyds gedink het my eerste seuntjie is gans en al te jonk om in 6-12 maande klere te pas! Ek het die arme kind se lang bene omtrent in 3-6 maande babygrows ingewurm! Een dag het my man die krat met 6-12 maande klere in uitgehaal en Siedaar! My seuntjie het 'n hele nuwe klerekas gehad. (Wat pas!)

As ek nou terugdink weet ek waarom ek so gevoel het. Ek wou hê my baba moet klein bly!

Die cliché is heeltemal waar:

Hulle word te gou groot!

Dit is waarom ons hierdie stukkie video gemaak het. Om jou as mamma te herinner om:

Op hierdie OOMBLIK teenwoordig te wees,

en nie bekommerd te wees oor die toekoms,

óf vasgeval te wees in die verlede nie (al is dit net gister!)

Geniet elke nuwe ervaring, en vier elke nuwe prestasie.

Liefdegroete!

Nicolene



115 views