• Nicolene Steyn

As die tyd uit-Hardloop


Soms voel ek net of die dag te min ure in het......

Ek was al ’n Tuisbly Ma wat my eie huis skoon gehou het, en ek was al ’n Tuisbly Ma met voltydse hulp. Ek was al ’n Deeltyds Werkende Ma wat van die huis af gewerk het, met kinders op skool, en NÓÚ is ek ’n Voltyds Werkende Ma, met ’n kantoor, werknemers en kinders by my huis.

In elkeen van hierdie fases van my lewe, het ek telkens tot by die punt gekom wat ek gewens het daar was meer ure in die dag! Elkeen van hierdie “tipes” mammas, voel die druk van moederskap en die gedruis van die lewe, want ons is almal mammas met dieselfde sorge.


Onlangs was ek by ’n “Ma se Af-Dag Wegbreek” wat deur my beste vriendin gereël is. Ek het eintlik nie tyd gehad om dit by te woon nie, want die Maart-maand Woelwaters instruksieboekie moes klaar kom! Maar ek het reeds betaal en pappa en die seuntjies het al klaar planne gemaak, so toe gaan ek maar. Dit was die eerste keer sedert ons The Educational Box Company begin het wat ek iets NET vir myself gedoen het, en ek was ’n bietjie op my senuwees…

Maar ’n wonderlike ding het gebeur! Ek het daar uitgestap met soveel moed, energie en praktiese raad, (klik hier om dit te sien) dat ek wonder bo wonder kans gesien het vir die res van die maand.


Vanoggend, toe my wekker 5:00 lui, en ek weer wonder waarom daar nie méér ure in die dag is nie, onthou ek van die (baie) praktiese raad wat my beste vriendin voor die wegbreek in haar blog - The Peas Pod - geskryf het, oor hoe om na jouself om te sien (klik hier om dit te lees).

En… toe gaan draf ek! (stadig...) (wie, EK!?)

Ja ek het! En na die 20 minute van swoeg, en ’n lekker warm stort, kon ek VANDAG aanpak. Ek weet nog nie van môre nie, maar ek KON vandag doen. Môre sorg vir homself.

Courage is like a muscle; it is strengthened by use -

Ruth Gordon

Groete,

Nicolene

As jy graag vir jou kind sy/haar eie Woelwaterboks wil kry, en jou lewe 'n bietjie makliker maak, klik HIER vir meer inligting!


0 views
ebc.png
WW_Logo.png
Payment Methods.jpg
secure-payments.png
WB_Logo.png

COPYRIGHT 2020 THE EDUCATIONAL BOX COMPANY

Ons bou fondasies - Jes 58:12 

wwm_logo.png