secure-payments.png

The Educational Box Company 

Address: 12 Andre Avenue; President Ridge; Randburg; 2194

© 2019 All rights reserved

Payment Methods.jpg
  • Nicolene Steyn

Om SKOON te maak.....



Ek is NIE ’n baie netjiese mens nie. My skoene lê die wêreld vol en die opwas is chaos na ’n dag van net neerplak in plaas van in die skottelgoedwasser laai… Wat natuurlik net nog meer werk vir MY beteken!

Maar wanneer dit kom by Sensoriese spel (morsige spel), het ek al vroeg geleer: BEPLAN die skoonmaak SAAM MET die aktiwiteit! Dis waarom jy so baie lees van die “Mors lappe” in die Woelwater Instruksie boekie ;)

Die kleursel wat ons in die Woelwaterboks gebruik is altyd veilige voedsel kleursel, sodat dit eetbaar is vir jou kleinding. Maar voedsel kleursel vlek handjies vreeslik! (As jy al ooit ’n verjaarsdag koek gebak het sal jy weet waarvan ek praat! )

Tydens een van ons Woelwater “eksperimente” het my man - soos ’n tipiese ingenieur - ALLE seep in ons huis getoets om my seuntjies se hande skoon te kry. En die een wat die beste gewerk het: Waspoeier!

Los ’n eetlepel of twee waspoeier (enige handelsmerk, outomaties óf hand was poeier) in ’n bak louwarm water op, was die handjies daarin en siedaar! Pragtig skoon.

Selfs hul klere het mooi skoon gekom nadat dit vir so ’n halfuur in die seepwater gelê het (ek was baie verbaas!)

Toe begin hierdie mamma dink: Hoe kan ons Skoonmaak, LEKKER maak? (EN makliker maak vir my!)

Ons sit toe die volgende keer ’n bak louwarm water met waspoeier in buite in die tuin, met ’n paar speelgoed en eetgerei… En siedaar! So kry ons toe vuil handjies vinnig skoon sonder dat dit eers VOEL soos skoonmaak!

En ons het sommer ’n lekker swem-sessie ook ingekry… ;) Dit het hulle vir sommer nog ’n hele ruk lank besig gehou.

So volgende keer as dit kom by Veilige Vingerverf, moenie huiwer nie! Geniet die speel, want nou WEET jy hoe om MAKLIK skoon te maak.

NOTAS:

• Die waspoeier maak dinge BAIE glibberig so pasop vir gly, en hou die bad gereed vir ’n vinnige afspoel na die tyd.

• Dit kan velletjies ’n bietjie uitdroog, so smeer lekker room aan na die tyd. Gelukkig is dit nie iets wat hulle ELKE dag doen nie, so die droogheid pla nie so vreeslik nie.

• As jou kind ’n sensitiewe vel het, gebruik waspoeier vir sensitiewe velle, en gebruik ’n bietjie minder. Andersins moet jy eerder net geduldig wees. Die kleursel kom wel af na so 2 keer se bad ;)

• Moenie jou kind alleen los by water nie.

Groete,

Nicolene

#kleuters #woelwater #pret #opvoedkundig #woelwaterboks #peuters #sensories

222 views