• Nicolene Steyn

Maskeerband Moeilikheid: As ’n fout ’n geleentheid is tot méér.


Soms gebeur dit dat mens net vergeet. Of iets miskyk. Of net bloot nie aan iets dink nie. Of iets verander en vergeet om vir iemand anders te sê…

Wel dit het in Desember by Woelwater gebeur. Eintlik by MY!

Die rippel-effek is nou dat nie een van julle in jul emosies boks nie Maskeerband het nie. As jy nie maskeerband of ander kleefband in jou huis het nie, is hier ’n paar alternatiewe wenke, sodat jy die aktiwiteite steeds sal kan geniet.

Ai ek is jammer! Maar hoe sê hulle: 'n Mamma maak 'n Plan!

Gesiggies:

Om die stokkie met die gom vas te plak is een opsie, maar vir die baba-boks se aktiwiteit dit gaan wel loskom as jou baba dit probeer pos. Die enigste antwoord daarop is om maar jou eie kleefband te gebruik, of ’n sterker gom. Jammer!

Sensoriese ballonne:

Knip die bo-kant van ’n waterbottel af, om as tregter te gebruik. Die ballon knyp baie goed aan die skroefdraad vas, en jy sal sommer maklik die rys en mieliepitte kan ingooi. Hierdie idee is sommer baie maklik!


Gevoel-Dier Kubusse

Druk ’n gatjie regdeur die blokkie met ’n pen - stoot die lint daardeur met die pen se agterkant en knoop dit aan die einde. Hierdie is inderwaarheid sommer baie beter as die maskeerband!


Sensoriese Voelboks:

As jy die gom lank genoeg laat droog word, sal dit sterk genoeg vasplak, en stewig genoeg wees as jy die deksel toemaak. Die maskeerband is net ’n tweede laag vashegting vir veiligheid. As jy tog dink dit gaan lostrek, kan jy gatjies in die boks se deksel maak, en die toue/linte daardeur druk, en knoop aan albei kante. Nou kan jou baba dit steeds voel, en sommer trek ook.


Jy kan beide die Ballon-gooi en die Botteltjie rol aktwiteit doen deur die strepe met bordkryt op die grond te trek, of deur ’n tou op die grond vas te plak. Alternatiewelik is hier ander opsies:

Ballon-gooi:

Plaas jou boks oop op die grond. Probeer die balletjie in die boks gooi deur so 50cm weg te staan. Elke keer as die balletjie in die boks geland het, beweeg een treë agteruit en probeer weer. Elke keer wat jou kleuter die ballon gooi is dit uitstekende hand-oog-koördinasie, en om die ballonne te gaan haal is groot motoriese oefeninge.

Jy kan ook mik vir die deksel, en kyk of jy die boks om gegooi kan kry. Dis ’n heerlike speletjie vir ouer kinders ook.


Botteltjies Rol:

Plaas een van die sensoriese balle (of enige ander plekhouer) op die grond, en die ander een ’n meter of so weg. Rol die sensoriese “kalmeerbottel” van die een balletjie na die ander. Beweeg die balletjies al hoe verder weg van mekaar af, en kyk hoe ver julle dit kan rol.

Rol die bottel onderdeur mekaar se bene.

Rol self van die een balletjie tot by die ander.


Daar is ’n gesegde wat sê: Daar kom wysheid in nood. Wel die Woelwater-span het dit in Desember beleef!

Lekker Woel!!!

Groete,

Nicolene

As jy graag in Februarie ook 'n Woelwaterboks wil hê sodat jy moeiteloos hierdie tipe aktiwiteite met jou woelwater kan doen, gaan plaas jou bestelling sommer nou deur HIER te klik.


0 views
ebc.png
WW_Logo.png
Payment Methods.jpg
secure-payments.png
WB_Logo.png

COPYRIGHT 2020 THE EDUCATIONAL BOX COMPANY

Ons bou fondasies - Jes 58:12 

wwm_logo.png