• Nicolene Steyn

Rek jou Rande - nuwe idees met die inhoud van jou Desember Woelwaterboks


Die vakansie is so-te-sê klaar, en nou is al jou idees seker ook al op, maar jou kind is vir nog 'n week by die huis!

Gelukkig is daar NOG goed wat jy met jou Woelwaterboks se inhoud kan doen:

Een van die dinge wat ek as Ma baie geniet, is om dinge sommer uit my huis te kan gebruik om iets te maak waarmee my kind kan speel. Ek vind dit is soms die beste vermaak - baie beter as speelgoed!

Al wat jy nodig het is die volgende:

Uit jou kas:

  • ’n Ziplock-sakkie

  • Rys (jy kan pasta, meel, oats of enige ander droeë bestanddeel hiervoor gebruik)

Uit jou Woelwater Boks:

  • Kleefband (duct tape)

  • Plastiek vissies (of enige ander klein speelgoedjies)

Instruksies:

  1. Plak eers net drie kante van die ziplock sakkie met die kleefband toe deur dit dubbel te vou oor die rant van die sakkie. Hou die zip-gedeelte oop.

  2. Maak die sakkie nou half-vol met rys en sit die vissies of speelgoedjies ook in.

  3. Zip die sakkie toe en plak die vierde kant ook toe met kleefband. Moenie té veel lug uitdruk nie, die rys moet nog kan rondbeweeg.


My kleuter het so lekker gevoel en gevat en die vissies “gesoek” tussen die rys deur. Dit het hom omtrént besig gehou!


My oudste het dit vreeslik geniet om die “rys-boontjiesakkie” - soos hy dit noem - rond te gooi en die groot motoriese aktiwiteite van die Desembermaand boks daarmee te doen.

Daarna het ons liggaams-herkennings speletjies gespeel wat hul balans bevorder:

Sit die sakkie op jou

…. KOP

…KNIE

…SKOUER

…VOET

Selfs Ben, die hond, moes saamspeel! Dit was nou heerlike, onverwagse pret!


Ons het omtrent 20 minute lank die speletjie gespeel, en daarna het hulle self ander goed uitgedink om daarmee te doen. Baie laggies en lawwe bewegings!

Hierdie sensoriese sakkie gaan ek bêre en uithaal volgende keer wanneer ek raadop is. Dit was wonderlik om te sien hoe net 20 minute se onverdeelde aandag hul ogies kan laat ophelder!

Ek hoop julle geniet die bokse net so baie soos ons!

Groete,

Nicolene

As jy ook lekker aktiwiteite saam met jou kind wil doen, maar nie altyd die tyd het om dit saam te stel of al die bestanddele te gaan koop nie, bestel jou boks sommer nou deur hier te klik!

Woelwater maak die lewe vir mammas MAKLIK en vir kleuters LEKKER!

#woelwaterboks #pret #opvoedkundig #woelwater #sensories #kleuters #peuters

292 views
EBC_Logo2020_High res.png
WW_Logo.png
Payment Methods.jpg
secure-payments.png
WB_Logo.png

COPYRIGHT 2020 THE EDUCATIONAL BOX COMPANY

Ons bou fondasies - Jes 58:12 

wwm_logo.png